Wapenrusting van God
Hierdie oordenkingseries oog om elke item van die wapenrusting van God te bestudeer in detail, maar ook om die item in die geheelbeeld van die wapenrusting te sien. Dit alles met die doel om ons as Christene toe te rus en te versterk in hierdie stryd. Deur die wapenrusting op ons te neem, mag ons, deur die krag van God en Christus se oorwinning, staande bly en seker wees dat die poorte van die doderyk ons nie sal oorweldig nie (Mattheus 16:18).