Die Olielamp is 'n nasionale jeugblad wat uitgegee word deur die Jeug van die Vrye Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Verskeie gemeentes het redaksies wat beurte maak om die blad saam te stel. Ons hoop om Die Olielamp 11 keer per jaar uit te gee. Indien u verkies om 'n gedrukte kopie van Die Olielamp te ontvang, is u welkom om met u naaste redaksie in verbinding te tree. Indien u verkies dat dit na u gepos word - kontak asseblief u naaste redaksie. Die koste beloop R80.00 per jaar (sonder posgeld).
|


