Olielamp Oordenkings & Nuusflitse

Hierdie projek sal hoofsaaklik toegespits wees op oordenkings vanuit Skrifgedeeltes eerder as tematiese oordenkings. Die evangelie moet eggo in ons gedagtes en moet vanuit ons weerklink in hierdie wêreld.  Ons bede is dat hierdie afdeling in die Olielamp groei sal gee in ons kennis van God se Woord en ons verhouding met Hom. Die Here gebruik sy Woord en die verkondiging en oordenking daarvan op ‘n wonderbaarlike wyse deur sy Gees om ons te laat volhard op ons pelgrimsreis.