Is Christenskap voldoende sonder die Gemeenskap van Heiliges?

Ons weet ook dat die kerk die liggaam van Jesus Christus, met Christus as die Hoof. Soos Romeine 12 en 1 Korinthiërs 12 dit duidelik stel, is ons ‘n eenheid in die veelheid van al die lede.

Is Christenskap voldoende sonder die Gemeenskap van Heiliges?
Photo by Pierre Bamin / Unsplash

Geskryf deur Ineke Bijker, VGK Pretoria

Is dit moontlik om ‘n Christen te wees sonder om deel te wees van die gemeenskap van die heiliges?

“Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
en God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal het tog nie kragte nie?
Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale kan almal dit uitlê?” - 1 Korintiërs 12:27-30

Ons is almal lede van dieselfde liggaam

Ons weet ook dat die kerk die liggaam van Jesus Christus, met Christus as die Hoof. Soos Romeine 12 en 1 Korinthiërs 12 dit duidelik stel, is ons ‘n eenheid in die veelheid van al die lede. Christus is die Hoof van die liggaam (Kolossense 1:18), daarom mag ons nie onsself bo ons naaste ag nie en daarom lewe ons nie soos wat ons wil nie, maar soos wat God wil.

Ons het elkeen uit genade sekere gawes en talente ontvang en daarmee saam het ons ‘n belangrike taak in die kerk gekry: om ons gawes te gebruik om die gemeente dien.

Gemeenskap van die heiliges is ‘n opdrag

Met Christus as die Hoof van die liggaam het ons ‘n volle verantwoordelikheid teenoor mekaar. Ons moet diensbaar wees in die gemeenskap van die heiliges.

Ons het deel aan die skatte en gawes van Jesus Christus. Ons almal het talente gekry. Die skatte en gawes het ons s'n geword deur die werking van die Heilige Gees in ons harte.

As Hoof van die liggaam vra die Here Jesus Christus van ons om ons naaste te dien. Daarom is dit ‘n voorreg om deel te wees van die gemeenskap van die heiliges, maar ook ‘n opdrag. Met Jesus Christus as die Hoof van die kerk is ons elkeen verplig om ons gawes met ander te deel. Ons moet ons gawes gebruik tot nut en saligheid van ons naaste.

Almal wat bely dat hulle deel van die gemeenskap van die heiliges is, moet ‘n lewende lid in die gemeente wees. Jesus Christus verplig ons om deel te wees van die gemeenskap van die heiliges om ons naaste te help en om Hom daardeur te loof en te prys.

Die Hoof van die kerk verplig ons om deel te wees van die gemeenskap van die heiliges.

Olielamp links: Instagram | Facebook | Skryf vir ons! | Meer oor die Olielamp