Ere aan God en vrede op aarde!

Probeer vir ‘n oomblik die wêreld van die afgelope jaar in een woord opsom. Ek is seker daar sal heelwat verskillende gevoelens wees, tog is ek redelik seker niemand sal ons huidige wêreldstaat met die woord “vrede” beskryf nie. 

Ere aan God en vrede op aarde!
Photo by Chad Madden / Unsplash

Geskryf deur Hanno Moes, VGK Pretoria

Probeer vir ‘n oomblik die wêreld van die afgelope jaar in een woord opsom. Ek is seker daar sal heelwat verskillende gevoelens wees, tog is ek redelik seker niemand sal ons huidige wêreldstaat met die woord “vrede” beskryf nie. 

Die oorlog in Oekraine is nou al ongeveer 670 dae aan die gang. Volgens bewerings is daar al ongeveer 315 000 Russiese soldate en 70 000 Oekraïners oorlede. Die VN beraam dat daar ongeveer 10 000 siviele burgers oorlede is.

Hierdie jaar het die konflik tussen Israel en Hamas ‘n nuwe dieptepunt bereik. Meer as 20 000 Palestyne is al oorlede. Die konflik is een van die bloedigstes nog, met ‘n gemiddelde sterftesyfer van 300 mense per dag.

55 000 mense is oorlede in Turkye se aardbewings, ‘n verdere 100 000 mense is beseer.

In Manipur, Indië, het Hindo extremiste bykans 350 kerke afgebrand. Meer as 41 500 Kuki Christene moes vir hulle geloof vlug as gevolg van die vervolging in Manipur, baie van hulle bly nou in moeilike omstandighede in kampe.

Die wêreld is aan die brand. Bogenoemde is maar enkele voorbeelde van oorlog en onrus. Wêreldwyd lyk dit asof mense God verlaat en reg in eie hande neem. Dit is in hierdie donker wêreld waar daar ‘n onverwagte lig skyn, die Lig van die wêreld. Sy koms is in ‘n ewe donker tyd 2000 jaar gelede met ‘n ongelooflike boodskap aangekondig:

Vrede op aarde? Ja, dit is die woorde waarmee die engele ons wêreld beskryf. Is dit nie ongelooflik nie? Daar is hoop vir ons sondige aarde. Te midde van moord, onsekerheid, oorloë, natuurrampe, vervolging en goddeloosheid is daar hoop.

Skielik raak die donker nag helder verlig. Want, vir ons is gebore die Christus, die Lig van die wêreld. Dit is Hy by wie ons vrede kan vind. Nie noodwendig aardse vrede nie, maar definitief iets ver beter: Vrede met God.  Besef ons nog die waarde van vrede met God? Besef ons dat onvrede met God die oorsaak is van al die ellende wat ons in die wêreld teenkom?

Dink jouself vir ‘n oomblik in: God het alles perfek geskape, maar ons het teen Hom gedraai en nie net ons self nie, maar die hele skepping in verganklikheid gestort. Dis ons wat gekies het vir ‘n wêreld vol dood en onvrede. Ons is vasgevang in ‘n bose sirkel van haat en wraak. Dit is vir ons byna logies dat daar nou, as gevolg van die huidige konflik in Gaza, ‘n volgende generasie palestynse jihadiste sal opgroei wie se groot lewensdoel sal wees om soveel as moontlik Jode te vermoor in wraak op wat hulle in hul jeug meegemaak het. Vir dieselfde rede hou bendegeweld op die Kaapse vlakte oneindig aan. Ons is in ‘n nimmereindigende siklus van verderf vasgevang en ons kan nie daaruit ontsnap nie.

God sy dank het Hy ons nie aan ons lot oorgelaat nie. Vir onverstaanbare redes het God besluit om ons nie te vernietig vir al die skade wat ons aanrig nie. In Sy oneindige genade het God besluit om eerder sy eie Seun, die enigste mens wat ooit onskuldig was, in ons plek te straf.

Werklik, wat daardie nag 2000 jaar gelede gebeur het is onbegryplik. God het sy welbehae in die mense getoon deur self mens te word en ons sondeskuld te kom betaal. Die almagtige God het ‘n mens geword, Hy is gebore as ‘n magtelose baba. God die Seun was vir ‘n tydperk total afhanklik van sy menslike ouers se versorging. Hy was as mens gebind aan tyd. Hy was as mens blootgestel aan hartseer, dood, versoekings, spot en lyding. Hy het dit alles kom doen met een groot doel voor oë: Eer aan God en vrede op aarde!

Net meer as 30 jaar nadat die donker nag van Betlehem helder verlig is, het die helder dag vir drie ure donker geword. Toe is God die Seun deur die Vader verlaat, toe het Hy helse angs en smart deurgegaan vir ons. “Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jesaja 53:5).

Al lewe ons in ‘n stukkende wêreld, ons het hoop. Al lewe ons in ‘n donker wêreld, ons het die Lig. Want te midde van soveel onvrede het ons vrede, vrede met God! Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!

“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!”

Olielamp links: Instagram | Facebook | Skryf vir ons! | Meer oor die Olielamp