Hoe praat die Gees met ons?

Hoe praat die Gees met ons? Die vraag wat hier in die titel lê, is een wat baie Christene, en soms ongelowiges, vra. Die vraag kan ook lei na die volgende vraag: “Waar is die Heilige Gees geleë?” Om konteks te skep, sal ons eers die vraag “Waar is die Heilige Gees geleë?” beantwoord.

Hoe praat die Gees met ons?
Photo by Mohamed Nohassi / Unsplash

Geskryf deur Wilbert Begemann, VGK Bellville

Hoe praat die Gees met ons?

Die vraag wat hier in die titel lê, is een wat baie Christene, en soms ongelowiges, vra. Die vraag kan ook lei na die volgende vraag: “Waar is die Heilige Gees geleë?”

Om konteks te skep, sal ons eers die vraag “Waar is die Heilige Gees geleë?” beantwoord.

Ons is ʼn tempel vir die Heilige Gees (1 Korintiërs 6:19 en 20). Dit beteken dat ons ‘n woonplek vir die Heilige Gees is en dat ons sy eiendom is, want Jesus Christus het ons met sy bloed duur gekoop. Dit beteken dat die Heilige Gees ons nie net besoek en dan weer vertrek nie, maar dat Hy in ons kom woon. Die idee wat die Bybel vir ons skep, sal ʼn figuur in die prentjie skep na die hoofvraag:

“Hoe praat die Heilige Gees in en met ons?”

Daar is twee maniere waarop die Heilige Gees met ons praat. Eerstens deur die Skrif en tweedens deur die hart.

Dit is duidelik in die Bybel dat die Skrif die manier is waarop die Heilige Gees met ons “praat”. Die hoofrede vir die Skrif: dis vir ons ‘n manier om te leer oor God. Dit is ook neergelê deur God self, soos geskrywe in 2 Timotheüs 3:16 en 17. Die feit is dat die Heilige Gees die Begeleier is. Ons lees dit in 1 Petrus 1:11, 12. Dit wys daarop dat die wat glo, dus die mense in wie die Heilige Gees woon, nie deur hulself profeteer nie, maar deur die Heilige Gees (2 Petrus 1:21).

Die Heilige Gees praat ook met ons, deur die hart wat geskep is, deur die gelykenis in Mattheüs 13, dat ons hart soos ʼn plant moet vrugte dra. Die vrug se saad moet ook eers geplant word en dit gaan weer terug na die primêre manier van hoe die Heilige Gees met ons “praat”. In Psalm 119:11, “Ek het u woord in my hart gebêre”, sien ons dat ons God se Woord in ons harte kan vaslê deur die werking van die Heilige Gees. Ons kan daardeur sien dat ons ‘n gesprek met God kan voer - soos Jesus ook die dissipels in sy laaste onderrig geleer het (Johannes 15: 7).

Met die gesprek van die Heilige Gees, wat met ons “praat”, vind ek as skrywer troos dat God met ons ʼn gesprek voer en dat dit nie eensydig is nie. Daarmee kan ons sien dat God se liefde vir ons en al drie Persone (die Vader, die Seun en die Heilige Gees) ‘n rol speel in ons geloof.

Verwysings:

Die Bybel
https://bybelskool.com/hoe-praat-die-heilige-gees/ deur Chris van Wyk, 24 Mei, 2018.
https://www.vgk.org.za/preke/24016 deur Ds. C Kleyn 15 Junie 2003.

Olielamp links: Instagram | Facebook | Skryf vir ons! | Meer oor die Olielamp