EP19: GKSA Sinode 2026 en Vroue in die Amp: Besluit, Reaksies en Gevolge

Die GKSA se Algemene Sinode (5–10 Januarie 2026) het ’n duidelike besluit geneem oor gemeentes wat vroue in die besondere dienste (ouderling en predikant) toelaat.

EP19: GKSA Sinode 2026 en Vroue in die Amp: Besluit, Reaksies en Gevolge

Met Ds. Erik van Alten

Die GKSA se Algemene Sinode (5–10 Januarie 2026) het ’n duidelike besluit geneem oor gemeentes wat vroue in die besondere dienste (ouderling en predikant) toelaat. Die Sinode stel dat die nie-onderhouding van sinodebesluite oor VIDA (vrou in die amp) neerkom op self-losmaking van die kerkverband, omdat kerklike binding (KO art. 31) daarmee in gedrang kom.  Gemeentes wat vroue as ouderlinge bevestig het, kry ’n jaar om hul besluit terug te trek en dit “met die daad reg te stel” deur losmaking te gee aan die bevestigde vroue; klassisse moet dié gemeentes pastoraal begelei.  Indien ’n gemeente ná daardie tyd volhard, moet dit met droefheid gekonstateer word dat die gemeente ongehoorsaam aan Christus is en haarself van die GKSA se kerklike gemeenskap losgemaak het; indien ’n klassis of streeksinode nie optree nie, kan ’n volgende Algemene Sinode dit doen.  Hierdie besluit het wyer reaksie ontlok: ope briewe (vir en teen), intensiewe media-dekking, en vrae oor ekumeniese verhoudings, teologiese opleiding, en die breër getuienis van gereformeerde kerke in Suid-Afrika.

Luister op Spotify | Apple Podcasts

Olielamp links: Die Olielamp Potgooi | Instagram | Facebook | Skryf vir ons! | Meer oor die Olielamp