Onse Vader Die vierde bede: "Gee ons vandag ons daaglikse brood" Elke mens kort kos om te kan lewe. Sonder kos kan ons liggaam nie funksioneer nie. Mens kyk vinnig verby die ryke seëninge wat ons het om elke dag brood op tafel te mag hê. Hierdie artikel fokus op die doel van voedsel in ons lewe as Christen.
Onse Vader Die derde bede: Laat u wil geskied Om die derde bede te kan verstaan, moet ons eers weet wat die wil van God is. In die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 13 word ‘n belangrike onderskeid gemaak tussen die verborge en die geopenbaarde wil van God.
Onse Vader Wat bid ons as ons sê: laat U Koninkryk kom? Wat is die eerste gedagte wat in jou kop opkom as jy aan ʼn soldaat dink? Ek sien ʼn soldaat wat gereed staan met sy harnas en spies om, vir ʼn sekere doel, te verdedig of aan te val. Sien ons die gevaar raak en trek ons die VOLLE wapenrustig aan?
Onse Vader Onse Vader – “Laat U Naam geheilig word” Ek onthou nog hoe my mamma en pappa altyd hulle hande gevou het voor slaaptyd en die Onse Vader saam met ons kinders gesing het. Die woorde: “Laat U Naam geheilig word.” As kind het ek dit net opgesê; as tiener/volwassene het dit vir my ’n anker geword...