AI en Bybelstudie?

AI en Bybelstudie?
Photo by Tim Witzdam / Unsplash

Mag mens Artificial Intelligence (AI) gebruik om Bybelstudie te doen? 

Net soos enige ander bron kan AI gebruik word ten goed of ten kwade. Mens kan AI gebruik as ‘n handige soekenjin om te help met Bybelstudie, mits mens dit met omsigtigheid en wysheid gebruik. 

Hoe om dit te gebruik met die Bybel as maatstaf:

  • Vra vir AI om Bybel verse by te gee sodat mens dit kan gebruik om dit te toets teen die waarheid. (Die Bybel is altyd die eerste en belangrikste bron)
  • Lees die Bybel self. 
  • Bid vir wysheid en leiding. 
  • Gebruik AI as ‘n hulpmiddel, nie as gesag nie.
  • Vergelyk wat AI sê met betroubare Bybelkommentaar (bv. die Vox Viva Bybelstudie App of ‘n Study Bible)

Hoe AI nuttig kan wees:

  • Dit kan gebruik word om verskillende Bybel vertalings te vergelyk. 
  • Dit kan struktuur en idees gee vir Bybelstudie (vrae, temas, oorsigte ens.)
  • Dit kan gebruik word om verwysings na ander skrifgedeeltes op te soek.

Belangrike waarskuwings teen AI wat onthou moet word:

  • AI is nie gelei deur God soos die Bybel is nie – soos alles in die lewe, toets dit teen die Bybel.
  • AI kan foute maak of interpretasies gee wat nie op die Bybel gegrond is nie.
  • AI het geen geloof, wysheid of onderskeiding van die Heilige Gees nie.

Toets daarom alles aan die skrif self:

  • Handelinge 17:11: “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”
  • 1 Thessalonicense 5:21: “Beproef alle dinge; behou die goeie.”
  • 1 Johannes 4:1, “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Onthou dat AI nie jou persoonlike verhouding met God kan vervang nie en dat mens steeds deeglike nadenking moet doen nadat jy “vinnige antwoorde” van AI ontvang het. 

Die Bybel bly die hoogste gesag, en alles moet daaraan gemeet word. Wanneer gelowiges die Skrif self ondersoek, bid vir leiding van die Heilige Gees en om AI slegs as ’n dienende hulpmiddel te gebruik, dan kan dit tot verdieping en groei in die geloof lei eerder as verwarring. 

Geskryf deur Marno Erasmus, VGK Bellville