> ## Content Index
> Fetch the complete content index at: https://olielamp.vgk.org.za/llms.txt
> Use this file to discover other available public pages before exploring further.

# EP19: GKSA Sinode 2026 en Vroue in die Amp: Besluit, Reaksies en Gevolge
- URL: https://olielamp.vgk.org.za/ep19-gksa-sinode-2026-en-vroue-in-die-amp-besluit-reaksies-en-gevolge/
- Published: 2026-03-07T07:00:22.000Z
- Updated: 2026-03-07T07:00:21.000Z
- Description: Die GKSA se Algemene Sinode (5–10 Januarie 2026) het ’n duidelike besluit geneem oor gemeentes wat vroue in die besondere dienste (ouderling en predikant) toelaat.
- Author: Olielamp

*Met Ds. Erik van Alten*

Die GKSA se Algemene Sinode (5–10 Januarie 2026) het ’n duidelike besluit geneem oor gemeentes wat vroue in die besondere dienste (ouderling en predikant) toelaat. Die Sinode stel dat die **nie-onderhouding van sinodebesluite oor VIDA** (vrou in die amp) neerkom op **self-losmaking van die kerkverband**, omdat kerklike binding (KO art. 31) daarmee in gedrang kom. Gemeentes wat vroue as ouderlinge bevestig het, kry **’n jaar** om hul besluit terug te trek en dit “met die daad reg te stel” deur losmaking te gee aan die bevestigde vroue; klassisse moet dié gemeentes pastoraal begelei. Indien ’n gemeente ná daardie tyd volhard, moet dit met droefheid gekonstateer word dat die gemeente ongehoorsaam aan Christus is en haarself van die GKSA se kerklike gemeenskap losgemaak het; indien ’n klassis of streeksinode nie optree nie, kan ’n volgende Algemene Sinode dit doen. Hierdie besluit het wyer reaksie ontlok: ope briewe (vir en teen), intensiewe media-dekking, en vrae oor ekumeniese verhoudings, teologiese opleiding, en die breër getuienis van gereformeerde kerke in Suid-Afrika.

Luister op [Spotify](https://open.spotify.com/show/7nIr1ouPmDy7r3o6l6oMU3?ref=olielamp.vgk.org.za) | [Apple Podcasts](https://podcasts.apple.com/za/podcast/die-olielamp-potgooi/id1760225976?ref=olielamp.vgk.org.za)

Olielamp links: [Die Olielamp Potgooi](https://olielamp.vgk.org.za/die-olielamp-potgooi/) | [Instagram](https://www.instagram.com/die%5Folielamp/?ref=olielamp.vgk.org.za) | [Facebook](https://www.facebook.com/profile.php?id=100090955115440) | [Skryf vir ons!](https://olielamp.vgk.org.za/skryf-vir-ons/) | [Meer oor die Olielamp](https://olielamp.vgk.org.za/about/)